Beamptes arresteer gewapende roof- en moord verdagtes
BRITS – Secra Security het ‘n oproep van een van hul kliënte ontvang wat die beheerkamer in kennis gestel het dat daar ‘n verdagte voertuig naby kliënt se besigheid is, waarna daar vroeër die oggend 2 verdagtes gewapen met handwapens die perseel betree het. Secra Security het op die oproep gereageer en met aankoms die voertuig elektronies geondersoek.
Die voertuig resultate het teruggekom dat dit gesoek is vir gewapende roof en moord. Die reaksielede het die twee verdagtes genader en gelukkig vinnig in hegtenis geneem. Hulle is aan Brits SAPD oorhandig vir verdere ondersoek. Goeie werk aan alle betrokke eenhede!