Groenewald besig om deur die tronke te ‘ploeg’
JOHANNESBURG – Minister van Korrektiewe Dienste Pieter Groenewald, is besig om wondere in die tronke te doen. Dit is skaars 30 dae nadat hy by ANC Ronald Lamola oorgeneem het. Tronkvoëls in Sun City het gedoen waarvan hulle hou. Daardie dae is verby. Amptenare van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en DKD het gister ‘n verrassingsklopjag by die Johannesburgse korrektiewe diensfasiliteit (Sun City) uitgevoer.
Selfone, ‘n Playstation, ‘n televisiestel, dagga, skroewedraaiers en messe is van die smokkelgoed wat in die selle by Johannesburg Korrektiewe Sentrum (Sun City) gevind is.
Kubermisdaadbeamptes sal daardie fone oopmaak en die gebelde en ontvangde oproepe nagaan, op WhatsApp-, Twitter- en Facebook-rekeninge gaan fokus op die DM’e om te verstaan waarby die gevangenes betrokke is.
Hierdie nonsens van wetsverbrekers wat meer regte het soos hulle in een of ander vakansieoord of hotel bespreek word, is geensins volgens die wet op tronke nie! Tronkklopjagte moet en sal in die toekoms genormaliseer word.