BREAKING NEWS: Bekende “Vloekbroers” van Brits vasgetrek
BRITS – As daar nie op motoriste gevloek word, word boere se plase aan die brand gesteek. Brandstigting, opsetlike saakbeskadiging van R35,000 en aanranding deur die twee sogenaamde ‘broers’ op ‘n plaas buite Brits was gou in die wiel gedraai deur Secra Security reaksie spanne.
Woensdag het Secra Security se beheerkamer ‘n boodskap ontvang van ‘n kliënt buite Brits, van twee verdagtes wat ‘n stuk grond van ‘n bekende boer, aan die brand gesteek het en die spilpunt beskadig het. Die skade van die spilpunt is op R35,000 geraam.
Die plaaswerkers het die verdagtes genader gedurende die voorval, waarin die twee die plaaswerkers aangerand het en met messe probeer steek het. Hulle het van die plaas per voet na Brits dorp gevlug oor die Krokodilrivier.
Secra reaksie voertuie het die area deursoek en hulle is in die dorp naby Afrimart in Spoorweg str opgemerk en is deur gewapende reaksie spanne gearresteer. Albei is positief geïdentifiseer en aan Brits SAPS oorhandig vir aanhouding en verdere ondersoek.
Verskeie inwoners van Brits en Elandsrand het ook hul mening gelig oor die twee ‘broers’. Daar was gerapporteer op 11 Oktober 2023, waar die twee hulself soos varke gedra het in die publiek. Hulle het vir talle motoriste 14h00 die middag, onder die treinspoor brug by Panorama Spar met vulgêr woorde toegesnou waar van die motoriste hul kinders in die motor gehad het.
Secra Security het ook bygevoeg dat hulle altyd seker maak om hul kliënte veilig te hou en selfs die ekstra myl loop om seker te maak dat die oortreders so ver moontlik gearresteer sal word. Welgedaan weereens aan Secra Security vir julle blitse optrede om die misdadigers van ons samelewing te verwyder!