Blou Maandag: Ongeluk op Wagpos pad tussen taxi en twee voertuie

BRITS – ‘n Ongeluk waarby ‘n taxi en twee ander voertuie betrokke was, het daartoe gelei dat verskeie pasiënte ligte beserings opgedoen het. Die botsing het op die Wagpos-pad naby die Oukasie-ingang plaasgevind.

H.E.M.S en Station 21 Fire & Rescue het dadelik op die ongelukstoneel gereageer. Alle beseerde pasiënte is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Baie dankie aan die H.E.M.S-span en alle ander noodhulppersoneel vir toneelbeheer en skoonmaak.