Kennisgewing: Padwerke in Elandsrand

ELANDSRAND – Die gedeelte van Magaliesbergpad tussen die Oukasie-ingang en Carel De Wet straat (langs die Elandsrand park) sal vanaf Woensdag, 10 Julie tot 11 Julie 2024 gesluit wees weens die rehabilitasieproses wat op die pad gaan plaasvind.

Die Madibeng-munisipaliteit was Woensdag oggend vroeg besig om broodnodige herstelwerk aan die padoppervlak te doen. Motoriste word aangeraai om die Merensky-pad as alternatief te gebruik om in Elandsrand te kom. Die pad sal Vrydag weer geopen word. Dankie aan die span vir hul harde werk!