Huisbrekers spat in alle rigtings toe reaksie lede hulle betrap

GLENVISTA – ‘n Panieksein is gister oggend in die vroeë oggendure ontvang nadat ‘n huiseienaar wakker gemaak is deur 4 verdagtes wat toegang tot hul huis gedwing het. CPS Security reaksie-eenhede het gereageer en met aankoms op die toneel, het ‘n Silver Ford fiesta buite die eiendom gestaan ​​en die verdagtes was besig om gesteelde items in die wegkomvoertuig te laai.

Die verdagtes het dadelik begin vlug en die wegkomvoertuig het van die toneel weggejaag. Ons reaksie-eenhede het agternagesit en daarin geslaag om die voertuig ‘n paar strate verder te stop nadat hulle ‘n doodloopstraat in Kurt straat in gejaag het.

Een verdagte is gearresteer, die wegkomvoertuig is op beslag gelê en al die gesteelde goedere is op die toneel teruggevind. Mondeor SAPD is gekontak en ‘n saak van huisbraak is geopen. Die verdagte is by die SAPD Mondeor aangehou vir verdere ondersoek. Welgedaan aan die manne met die goeie arrestasie!