BMW, Audi en ‘hout’ – bakkie botsing naby Arrow Rest

HARTBEESPOORT – Maandag het die H.E.M.S span op ‘n veelvuldige voertuigongeluk gereageer. Die ongeluk het op die R512 naby Arrows Rest plaasgevind. Met die span se aankoms op die toneel is slegs twee pasiënte met matige beserings gevind. Die pasiënte is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Baie dankie aan al die lede vir julle vinnige reaksie!