Dis ‘n hop, ‘n poep en ‘n skrik deur die paaie van ons
BRITS – Het jy al ‘n slaggat getref dat jou kop die dak stamp en ‘n poep los van die skrik? Tans is daar vir langer as ‘n maand ‘n klein waterlek in Harrington straat wat ‘n groot slaggat wegsteek soos ‘n krokodil onder die water.
Net soos die verkeersligte (wat nogsteeds nie werk nie) en verskye waterlekke wat slaggate vorm in Brits word daar nie aandag gegee aan enige spoedige herstelwerk nie. SANRAL sit ook en wag vir die Munisipaliteit, soos die res van die motoriste.
Motoriste asook vragmotor bestuurders word gewaarsku om versigtig te ry gedurende spits verkeer tye. Vele motors asook vragmotors is opgelet dat hulle uitswaai vir die slaggat in die aankomende baan in. Daar is ook tans geen lyne gespan om te waarsku van die gevaar in die pad nie.