Drie beseer nadat voertuig rol op Lethlabile pad

BRITS – Die H.E.M.S span het spoedig gereageer op ‘n enkele voertuigongeluk op die Lethabile-pad. Met hul aankoms op die toneel is drie pasiënte met matige beserings gevind. Die pasiënte is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Baie dankie aan alle lede vir toneel beheer en skoonmaak!