Kyk, dis een ding om laat te wees…

BRITS – Maar dis iets helemal anders om laat te wees as mens weer by die huis moet uitkom na ‘n rowwe dag se werk. Brits, soos inwoners weet is ‘n wonderlike plek om te bly…

Brits CBD sukkel met ‘n groot probleem wat nie aandag kry nie: al die hoof verkeersligte werk nie! Dis vir motoriste ‘n groot stryd om by die werk, skool en sentrums in die dorp te kom in spitsverkeer.

Daar is op die groepe van die dorp geplaas dat daarna gekyk sal word, maar tans sukkel motoriste soos gewoonlik nogsteeds. Ons hoop dat dit nie weer weke tot maande sal neem om die ligte werkend te kry nie?

Een ding wat ek wel agter kom in ons dorp is terwyl jy rigting vra sal van die “Britsonians” vir jou presies jou destinasie kan uitwys waarheen jy oppad is, insluitend elke slaggat wat gekoes moet word, robot wat nie werk nie, tye wat die verkeer ‘n nagmerrie sal wees en of ‘n protes besig is en hoe jy jou roete moet verander!

Motoriste word aangeraai om in Brits CBD asook waar verkeersligte nie werk soos Brits Mall, by Maclean st / Van Velden st vier-rigting ‘stop’ en by die Magalies sentrum geduldig te wees gedurende spitsverkeer. Bly kalm en ry versigtig!