Jy dink nog jy steel, toe is jy omsingel
BRITS – Vroeg Woensdag oggend omstreeks 02h10 het vyf verdagtes goed hulle rieme stuif geloop op ‘n plaas in die Mamogaleskraal area. Die verdagtes was betrap toe hulle besig was om ‘n sink dam af te breek en en weg te ry in die stilte van die nag.
Secure Guarding se plaas nag patrolie voertuig het die vyf op heter daad betrap en hulle was spoedig gearresteer. Die verdagtes asook bewys stukke is aan SAPS Brits oorhanding op die toneel. Dankie aan die manne van Secure Guarding vir julle goeie en flinke diens om ons Boere veilig te hou!