SAPD doen versoek om vrou te identifiseer na tref en trap ongeluk

BELA-BELA – Die speurders vanaf die SAPD doen ‘n beroep op lede van die publiek om hulp met die identifisering van ‘n oorlede vrou wat na bewering betrokke was by ‘n tref-en-trap-voorval wat op 26 Mei 2024 omstreeks 09:00 langs die R101 Bela-Bela area plaasgevind het. Die slagoffer, wat nog onbekend is, is langs die pad deur gemeenskapslede ontdek met veelvuldige beserings wat ooreenstem met ‘n motorongeluk.

Die oorledene is vermoedelik tussen 20 en 30 jaar oud. Sy het ‘n tatoeëermerk op haar regterarm geskryf “♕Lerato” en nog een op haar linkerarm geskryf Rosina. Verder het die oorledene ‘n trouring gedra, en ook ‘n blou t-hemp met blou Elesse tekkies.

Die polisie het intussen ’n saak van moord geopen en hulle is steeds besig met ondersoeke om die vermeende oortreder(s) in hegtenis te neem. Enigiemand wat moontlik die voorval aanskou het of inligting oor die identiteit van die oorledene het, word versoek om die Ondersoekbeampte Kaptein Dana Smith te kontak by 081 577 4383 of Crime Stop by 08600 10111. Inligting kan ook anoniem verskaf word via die MySAPS-toepassing.

Die SAPD wil die publiek daaraan herinner dat alle inligting wat ontvang word met die grootste vertroulikheid hanteer sal word.