Persoon dood nadat voertuig in boom vas bots
TRENANCE PARK – Een persoon is dood nadat die voertuig waarin hy ‘n passasier was, Saterdag in ‘n boom op Lacefern End gebots het. RUSA Operasionele Sentrum het verskeie oproepe om bystand vir die insittendes van die groen Opel Kadett ontvang.
By aankoms omstreeks 13:39 het Reaksiebeamptes drie (3) insittendes in die voertuig ontdek. Volgens die bestuurder het die remme op die motor onklaar geraak terwyl hy teen ‘n steil heuwel gery het.
Hy het probeer om na veiligheid te navigeer, maar die motor het in ‘n boom gebots. ‘n 43-jarige man wat agter gesit het, is dood. Die 56-jarige bestuurder en ‘n tweede passasier het matige beserings opgedoen. Die beseerde mans is deur paramedici van ‘n private ambulansdiens op die toneel gestabiliseer.