Kapingslagoffer stort met bakkie deur motorafdak

RIETRIVIER – Sondag ongeveer 15h51, het kontroleurs vanaf RUSA twee beamptes na die Missionland area gestuur om ‘n verdagte wit Izuzu Bakkie te ondersoek.

Terwyl hulle die area deursoek het, het Reaksiebeamptes gevind dat die voertuig deur die dak van ‘n motorafdak in Missal Circle gebots het. Die bestuurder en ‘n agt maande swanger vrou het geringe beserings opgedoen.

Toe onderhoude gevoer is, bestuurder verduidelik dat hy in die area gestop het om te urineer toe verdagtes probeer het om hom te kaap. Hy het probeer om te vlug en deur die motorafdak van ‘n koshuis gebots.

Toe hy verder ondervra is, het die bestuurder versuim om besonderhede van die verdagtes se voertuig, wapens wat gebruik is of beskrywing van die kapers te verskaf.