Wagte en plaaswerkers op plaas aangeval – Veekraal
BRITS – In ‘n poging om plaaswerkers aan te val in die Veekraal area buite Brits, is twee geweer skote afgevuur deur verdagtes op wagte en werkers vanoggend omstreeks 03h30. Die plaaswagte het dadelik die paniekknoppie gedruk waarby hulp ontbied was.
Secure Guarding se reaksie spanne het op die toneel soos blits gereageer en die verdagtes agternagesit tot in in ‘n bos area in die rigting van Lethlabile in. KGB Veekraal/Beestekraal-lede met hul hommeltuig het ook na die toneel gehaas en gehelp met die soektog.
Met verdere ondersoek is gevind dat geen items gesteel is vanaf die plaas. Baie dankie aan Secure Guarding, asook die Veekraal/Beestekraal KGB-span vir hul bystand!