Operasie Patela / installering van ‘split’-meters duur voort
DAMONSVILLE – Die Operasie Patela asook installering van die ‘split’-meters program het gister in die Damonsville area voortgegaan. Vir hierdie week bly die fokus op die installering van die meters vir raadslede, munisipale werknemers en besighede en afsny kragtoevoer vir daardie verbruikers wat gevind word dat hulle met die infrastruktuur gepeuter het. Die program sal vandag voort gaan in areas van Hartbeespoort.

