Dis nie hoe mens maandag wil begin nie

ELANDSRAND – Vanoggend omstreeks 04h00, was daar by ‘n perseel in Bamboesberg skade gemaak toe verdagtes in die erf die motors se vensters met ‘n baksteen stukkend geslaan het. Gelukkig was die motor nie in die proses gesteel maar die verdagtes het weggekom met handsake, perfuum asook R1600 is uit ‘n beursie gesteel.

Daar is ‘n saak by Brits SAPD aangemeld oor die diefstal. Die polisie beamptes was op die toneel maar daar word nog gewag vir die forensiese span om vingerafdrukke te maak.

Die inwoners van Elandsrand word gewaarsku oor ‘n toename van inbrake wat gepleeg word in die area en altyd paraat moet wees. Maak seker jou erf is goed belig en oopgesny. ‘n Goeie wenk ook is om ‘n ‘Ring” kamera te kry. Die kamera kan met jou slimfoon gekoppel word om deur jou huis se wifi vir jou 24/7 te kan wys wat aangaan waar mens die kamera sit.