Het jy iets gehoor van die Wagpos pad?
BRITS – Een stap vorentoe…twee stappies terug. Politiek en dispuut oor wie, wat en waar die pad kan herstel, verhinder die regmaak en oplossings rakende die Wagpos pad wat jare lank al sloer. Min tot geen werk word elke ‘jaar’ gedoen om ‘n klein deel van die pad te herstel wat ook net ‘n paar weke hou voor die slaggate weer in al hul glorie oor die pad gestrek lê.
Navrae aan die munisipaliteit se gebrek aan herstel werk op die pad word geantwoord met leë beloftes sonder aksie. Daar is nogsteeds geen persoon gevind wie reguit kan vertel wie die verantwoordelikheid van die pad kan neem en herstelwerk kan laat begin.
Die boere, skoolkinders en alle mense wat in die omgewing woon asook die pad daagliks gebruik word nogsteeds gewaarsku om die pad (veral die manne met hul bakkies) stadig en versigtig te ry sonder om ander motoriste in gevaar te stel.