Geen haas om grafte oop te sny, Langberg
BRITS – Sekerlik wanneer ‘n geliefde sterf, is die menslike natuur om die oorledenes te begrawe en hul nagedagtenis te herdenk met besoeke aan hul grafte. Wanneer ‘n mens gestop word om jou geliefdes te besoek, straal hartseer uit in woede.
Dié frustrasie is vir weke al gevoel deur familielede wat grafte van familie en vriende in die Langberg-begraafplaas besoek. Mense wat die grafte besoek, vind dit onmoontlik om deur die gevaarlike lang gras te loop wat, met ‘n vloot van meer as twintig (20) trekkers en snyers wat deur die Madibeng Munisipaliteit aangeskaf is, steeds nie gereeld gesny word nie.