Vyf beseer in gru kop-aan-kop botsing

HAZELMERE – Vyf mense van twee voertuie is gister middag in ‘n kop-aan-kop botsing beseer toe hulle op die M4 tussen La Mercy en Umdloti in mekaar in vasgejaag het. ’n Verbygaande motoris het die RUSA Operasionele Sentrum omstreeks 16:33 gekontak om bystand vir die beseerdes te versoek.

Die inbeller het die beheerder aan diens meegedeel dat van die beseerdes uit die voertuie gegooi is en op die pad gelê het. Reaksie beamptes is onmiddellik uitgestuur. By aankoms het beamptes ontdek dat die beseerdes deur lede van IPSS Mediese Dienste gestabiliseer is.

Daar is beweer dat rooi Toyota Etios en ‘n Grey Tiguan wat in teenoorgestelde rigtings langs die M4 gery het. Volgens ‘n getuie het die Toyota Etios gepoog om verby te steek en kop teen die VW Tiguan gebots. Vier insittendes van die sportnutsvoertuig en die bestuurder van die ligte motorvoertuig is beseer.