Vragmotor stamp taxi, veelvuldige beseerdes

BRITS – Die H.E.M.S span het gereageer op ‘n ongeluk tussen ‘n vragmotor en ‘n taxi. Die ongeluk het plaasgevind in Piet Pretoruis str, Brits. Terwyl die vragmotor agteruitgery het, het dit teen die taxi gebots wat aansienlike skade aan die taxi tot gevolg gehad het en sy insittendes beseer gelaat het.

H.E.M.S het onmiddellike mediese aandag aan die beseerde pasiënte gegee. Die pasiënte is deur HEMS en nog ‘n ambulansdiens na ‘n hospitaal in Brits vervoer. Dankie aan alle lede vir toneel beheer en skoonmaak!