Man oorlede toe motor van boonste verdieping afjaag
OVERPORT – ALS-paramedics het vandag omstreeks 12:20 gereageer op ‘n ernstige enkelvoertuigongeluk met beknellings op Overportrylaan in Overport.
Reaksie dienste wat op die toneel aangekom het, het ‘n bloedbad gevind toe ‘n enkele voertuig wat op die boonste verdieping van die winkelsentrum se parkeerterrein was, op een of ander manier beheer verloor het en deur die parkeermuur geploeg het wat op die pad onder op sy dak tot stilstand gekom het.
Die bestuurder en enigste insittende van die voertuig is ernstig vasgevang in die wrak gevind en het ernstige beserings opgedoen en ongelukkig was daar niks wat vir die man kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die man is glo in sy sewentigs.
Die Ethekweni-brandweer en SAPD en Metropolisie se soek-en-reddingseenheid moes die Jaws of Life en ander hidrouliese toerusting gebruik om die man vry te sny. In hierdie stadium is die gebeure wat tot die ongeluk gelei het onbekend, maar die SAPD was op die toneel en sal verder ondersoek instel.