BREAKING NEWS: Organiese kompos van hiasinte kan boere bevoordeel
HARTBEESPOORT – Op Woensdag, 19 Junie 2024, het Hyamatla en Magalies Water meer as 50 ton organiese kompos uitgedeel aan plaaslike opkomende boere wat by Madibeng Plaaslike Munisipaliteit se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Landbou (LED) geregistreer is.
Die organiese, chemiese-vrye kompos word gemaak van hiasinte wat uit Hartbeespoortdam verwyder word. Elke boer het 20 sakke gelykstaande aan ‘n ton ontvang.
Hyamatla is ‘n maatskappy wat deur Magalies Water gekontrakteer is om hiasint met die hand uit Hartbeespoortdam te verwyder en dit tot organiese kompos te verwerk. Dit is deel van Magalies Water se Hartbeespoortdam-rehabilitasieprojek.
“Die projek het nege pilare vir die bestuur van die dam en sy opvangsgebied. Die eerste van daardie pilare is die bestuur van uitheemse indringers deur handmatige oes, om dit wat ‘n probleem en ‘n oorlas is in ‘n hulpbron te verander wat plaaslike landbou en die ekonomie bevoordeel,” verduidelik prof. Masindi wat die projekbestuurder is vir die Hartbeespoortdam-rehabilitasieprojek.
Die projek sal vir drie jaar duur. Dit raak 3 wyke in Madibeng en het 21 mense van daardie wyke in diens geneem. MMC vir LED in Madibeng, Cllr Modipane, het sy vreugde uitgespreek om te sien hoe die projek teruggee aan die plaaslike ekonomie en landbou.
Sy het genoem dat een van fokusareas in Noordwes vir die verbetering van die ekonomie die Landbousektor is. Sy het die boere aangemoedig om die sektor te laat groei sodat Madibeng sy eie varsproduktemark kan hê.
Hyamatla en Magalies Water sal hierdie organiese kompos periodiek, gebaseer op beskikbaarheid, uitdeel aan enige en alle opkomende boere wat by die LED by Madibeng geregistreer is en aktief gewasse plant.