Madibeng padwerke soos ‘mis voor die son’ verdwyn
BRITS – Die Madibeng Munisipaliteit se padwerk span is sedert laasjaar Junie 2023 nie weer gesien in Knox avenue met agterstallige padwerke wat nooit voltooi is nie.
Na nog ‘n jaar van ‘stuk werk’ wat gedoen is op die pad sukkel talle inwoners om deur slaggate te ry wat deur ‘n oorstroomde riool gat veroorsaak word op ‘n draai in Knox Avenue. Die gewag vir herstelwerk gaan nog ‘n rukkie neem omdat daar geen haas op die Madibeng Munisipaliteit se skedule is nie.