Voertuig slaan aan die brand na herstelwerk
ETHEKWINI – ‘n Voertuig is grootliks beskadig nadat dit Maandag in Belvedere aan die brand geraak het. Lede van RUSAis omstreeks 15:39 na die hoek van Chelmsford Crescent en Belvedere-rylaan gestuur nadat hulle berigte van die voorval ontvang het.
By hul aankoms het Reaksiebeamptes ‘n blou Renault Kangoo ontdek wat in vlamme gehul was. Die Ethekwini-brandweer het kort daarna opgedaag en die brand geblus. Volgens die bestuurder was hy besig om die voertuig te toetsbestuur nadat hy herstelwerk daaraan gedoen het.
Hy het rook opgemerk wat by die enjinkompartement uitspruit en het stilgehou om ondersoek in te stel. Die motor het daarna in vlamme uitgebars. Geen beserings is aangemeld nie.