Reaksie spanne gryp in om brand te blus op plaas

BRITS – Die Secure Guarding span het ‘n noodoproep van ‘n plaaslike boer gekry dat sy eiendom aan die brand gesteek is. Reaksie spanne: Charlie 1, Charlie 2 en Charlie 3 het dadelik met ‘n brandweermotor gereageer en Madibeng brandweer bygestaan.

Die reaksie span saam met boere van die omgewing het daarin geslaag om die brand onderbeheer te bring. Geen ernstige skade of verliese het plaasgevind aan die boer se eiendom nie. Baie dankie aan die spanne en die boere in die omgewing wat vinning op die noodoproep gereageer het. Spanwerk maak droomwerk, welgedaan manne!