Huis brand spoedig onderbeheer gekry

BLOEMFONTEIN – Sondag aand omstreeks 21h42 het daar op AfriForum se Whatsapp Noodgroep ʼn nood boodskap deurgekom dat daar ‘n huis is wat besig is om te brand in Genl De La Rey laan, Genl de Wet.

Die AfriForum Patrollie span is geaktiveer en die span was op toneel binne 10 minute. Mangaung Brandweer en AfriForum se brandweer span, Fire Ops was op toneel en het toneel oor geneem en in aksie gespring. AfriForum Sektor 4, Sektor 5 Pellisier en Sektor 5 Hospitaalpark Buurtwagte het die SAPD bygestaan om die toneel te beveilig en omstanders op ‘n veilige afstand te hou.

3 Persone het brandwonde opgedoen en daar kon op die AfriForum se Nasionale radionetwerk medies ontbied word sodat die pasiënte behandeling kan ontvang vir die brandwonde. Die pasiënte was vervoer na die hospitaal vir verdere behandeling. Mangaung Brandweer en AfriForum – Fire Ops het addisionele hulp nodig gehad met ekstra mannekrag waar AfriForum Sektor 4 se brandspan bystand gelewer het.

Dankie aan alle rolspelers wat kom help het om hierdie vuur onderbeheer te bring. ER24, Priority Care, VR – Med en Provinsiale Noodmediese Dienste, Suid Afrikaanse Polisie Diens – Blitspatrollie, ITR, ADT, Bloemsec, VR Sec, Senforce.