‘Gift of the Givers’ – Gee trug aan die gemeenskap

MOTHUTLUNG – Die ouderlinge van die gemeenskap in Mothutlung – ‘n armoede-geteisterde gemeenskap naby Brits, het ‘n uitsonderlike werk gedoen om vir hul gemeenskap te sorg. Hierdie ouderlinge, wat uitsluitlik van hul toelaes afhanklik is, help met mentorskap en berading aan die jeug en gee ook ‘n helpende hand wanneer daar ‘n begrafnis in die gemeenskap is. Om gesond te bly, kom hulle twee keer per week bymekaar vir aktiwiteite en oefening.

Gift of the Givers-spanlede is geraak deur die ouderlinge se gees van gee en het hul dank aan hulle betuig deur die mieliemeelpakkies x 100, speserypakkies x 100, skoonmaakmiddelpakkies x 100 en koffiepakkies x 100 te oorhandig.

Die span het daarna die Neo Mathabe Spesiale Skool besoek – waar hul missie is om leerders met volhoubare vaardighede te bemagtig om selfstandig en positiewe bydraers tot die samelewing te word.

Gift of the Givers-span het aan die skool 100 speserypakkies en skoonmaakmiddelpakkies vir hul kombuis voorsien – wat leerders daagliks voedsame maaltye bedien.