‘n Lantie presteer by WAKO Turkye Wêreld skopboks kampioenskappe

TURKYE – Alexander Mans van Die Hoërskool Wagpos, het tot die kwarteindstryd deurgedring en het ‘n 5de plek verower uit 5,000 deelnemers en 87 lande by die WAKO Turkye Wêreld Skopboks Kampioenskappe. Suid-Afrika het 12de in die Turkse Wêreldbeker-toernooi geplaas.

Ahmad Mahomed 5 goud en 2 brons. Alexander Mans 1 goud (spanne), Heinru Cato 1 brons, en Wico Cato het na die kwarteindronde gekom. Ahmad Mahomed het die Beste Vegter-toekenning vir die Turkse Wêreld Skopboksbeker gewen. Hierdie atlete het almal die SA vlag baie hoog geswaai. Baie geluk, ons is baie trots op elkeen van julle. Hou aan met die harde werk!