Laerskool Brits: Ernie Els Gholf / Junior Ope

BRITS – Die Britsies het puik presteer op die gholfbaan by die onlangse Ernie Els uitspele en Rustenburg Junior Ope.

Die seunspan (Sias Fourie, Divan Werner, MJ Steyn en Duardo Labuschagne) het algeheel tweede geëindig in die Ernie Els toernooi, en gaan nou Noordwes verteenwoordig by die komende Nasionale Ernie Els Uitkloptoernooi tydens die Julie vakansie.

By die Rustenburg Junior Ope (op dieselfde dag gehou) het ons Britsies verder ook individueel puik presteer. Marko Greyling, Divan Werner, Jeanné Fourie, Carolé Roos en Handré Bosch het almal ook medaljes gewen vir hul uitstekende spel in hul onderskeie ouderdomskategorië.