BREAKING NEWS: Van Velden straat kry spoed hobbels
Opvolg: 17 Mei 2024 – Die spoed hobbel is vandag deur die Munisipaliteit geverf om dit meer sienbaar te maak. Daar is ook geel/wit ‘kat-ogies’ aangewend dat motoriste die hobbel in die aande kan sien (omrede die straatligte nie werk…)
Motoriste met ‘lae’ karre word ook gewaarsku dat die hobbel hoër is as die normale spoed hobbels in die dorp. Daar is kla gesien hoe motors se onderkante beskadig word.
.
.
BRITS – Gesels vandag met enige oom of tannie in Brits en hulle sal jou van die gesellige kuiers by die Molani Hotel vertel. Hoe die karre en motorfietse Vrydae aande gebrul het in die dorp en die manne oop ketel resies gery het. Wat ‘n tyd om te geleef het!
Oor die jare het Brits en die omliggende gebiede die gebruik van spoedwalle geimplementeer vir die veiligheid van voetgangers asook motoriste dat geen gejaag op die paaie kan plaasvind nie.
Tydelik gaan motoriste tweede kom in die besige Van Velden straat in Brits CBD, veral voor die naweek waar daar nog strepe geverf moet word om te waarsku dat stadig gery moet word op die gedeelte naby die Brits-landdroshof gebou se ingang.
‘n Tweede spoedbult wat opgerig gaan word sal in die gedeelte van die pad wees van die Kliniek en Hoof Munisipale gebou. Die konstruksie van die spoedbulte in die pad sal sekerlik sorg dat motoriste gedwing word om stadiger te ry op die gedeelte en op dié wyse ook voetgangers beskerm.
Terwyl die Munisipaliteit besig is met konstruksie, word motoriste gewaarsku om almal in kennis te stel dat die spoedbult voor die hof tans geen strepe het nie. Ry asseblief versigtig op die gedeelte!