Kop aan kop botsing beseer twee op Rosslyn pad
BRITS – Dinsdag het die H.E.M.S-span met Station 21 Fire & Rescue gereageer op ‘n kop aan kop botsing op die Rosslyn-pad. By hul aankoms op die toneel is twee pasiënte met matige beserings gevind. Die pasiënte is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling.
Dankie aan alle noodspanne vir toneelbeheer en skoonmaak. Ons wens ‘n spoedige herstel toe aan die pasiënte en ‘n groot dankie vir die H.E.M.S-spanne se wonderlike werk in ons gemeenskap.