Hoërskool Brits: Nampo 2024, wat ‘n Fees!
“Die graad 11- en graad 12 – IT, Elektries, Siviele Tegnologie en Geografie-leerders het die voorreg gehad om op 14 Mei Nampo te besoek! Dit was ‘n dag vol opwinding en die leerders het baie geleer en is blootgestel aan groot verskeidenheid werksgeleenthede. Dit was ‘n vreeslike leersame en insiggewende dag wat die leerders beslis sal onthou.” – Chané Louwrens
“‘n Landbou-uistalruimte van 30 hektaar is omtrent ‘n avontuur om te verken. Na sowat 25000 treë en 15 kilometer kon die Britsies enigiets van trekkers tot helikopters sien. Ons is dankbaar vir Hoërskool Brits wat ons die geleentheid gegee het om die skou by te woon. Nampo was ‘n belewenis!” – Janus Hills
“Vandag se Nampo uitstappie was baie lekker. Almal het dit vreeslik baie geniet. By van die stalletjies het die leerders deelgeneem aan kompetisies om pryse te wen. Elke leerder kan baie inligting saam vat huis toe en dit was ‘n dag vol leer.” – Diané Viviers
#Nampo2024