Madibeng, wat ‘n gemors is herstelwerk nie

ELANDSRAND – Dis geen grap hoe mens op ons dorp se paaie moet ry nie. As jy nie uitswaai vir die motors by die “soms werkende” verkeersligte nie, moet jy koes vir die gemors wat agtergelaat word op die paaie nadat spanne van die Madibeng Munisipaliteit gewerk het – en moenie laat ons begin oor die rond bons op jou sitplek by dele waar slaggate reggemaak is maar die pad nooit weer gelyk gemaak is. Dis pure ‘chaos!’

Daar was deur die hele week gewerk in Hexrivier, Elandsrand met geen haas om die gemors skoon te maak wat agtergelaat is van die munisiplae waterwerke. Die munisipaliteit se span het donderdag middag kort voor drie (15h00) lyn gespan en gery sonder om die area netjies skoon te maak.

Met verder ondersoek is gesien hoe die pad half vol gemors gelaat is sonder enige skoonmaak werk wat die hele week nie plaasgevind het nie. Die waterlek is ook nie herstel nie met water wat steeds uit die grond stroom en af in die storm water pyp gemors word.

Daar word ‘n dringende versoek gedoen op die Madibeng Munisipliteit deur baie inwoners nie net in Elandsrand nie, maar vele dele van Brits wat bewyse het hoe herstelwerk areas soos dié gelos word en vir weke of nie maande vergeet word voordat skoonmaak spanne die werk kom doen na die hoeveelste herstel.