Hoërskole vier Hemelvaartsdag – 9 Mei 2024

BRITS – Jaarliks vier ons Jesus se Hemelvaart, waar ons bely dat Jesus liggaamlik die wêreld verlaat het om ’n nuwe ewige woning vir ons by die Vader voor te berei. Hiermee sê ons ook dat Jesus vir altyd koning is, en vier ons ook veral sy wederkoms, waarby Hy ons en die hele skepping nuut gaan maak.

Tog glo ons dat Jesus ons nie verlaat het nie, maar dat Hy alomteenwoordig is deur sy Gees. Met Hemelvaart vier ons dus nie dat Jesus ons verlaat het nie, maar dat Hy, hier en nou, ewig en oral by ons is. Die Hoërskool Wagpos asook Hoërskool Brits het die dag met eer aan ons Here deurgebring. Baie dankie vir almal wie betrokke was!

Handelinge 1:11 – “Ek glo, want ek weet Jesus kom weer!”