Vinnige reaksie slaag om kapers te vang, voertuie trug gevind
BRITS – Secra Security het ‘n Matrix Recovery-span bygestaan om twee gekaapte voertuie wat in Pretoria gesteel is terug te kry. Twee verdagtes is in hegtenis geneem terwyl een van die toneel gevlug het. Secra Security het die verdagte spoedig agternagesit en daarin geslaag om hom nie ver van die misdaadtoneel in hegtenis te neem. Die verdagtes en voertuie is aan die SAPD oorhandig vir verdere verwerking. Baie dankie aan alle betrokke lede. Goeie werk manne!