Britsies wys wat hulle kan doen op Tennis Toernooi
BRITS – Baie geluk aan Carolè Roos, een van Laerskool Brits se Noordwes tennisspelers, wat aan die NW vs FS toernooi deelgeneem het op 20 April.
Asook baie geluk aan Joe Venter en Sias Fourie, Noordwes tennisspelers wat aan die NW vs GN op 6 April (Joe) & NW vs FS op 20 April (Joe en Sias) deelgeneem het. Noordwes het as naaswenners weggestap van die toernooi. Ons is baie trots op julle!