Hoërskool Brits: Atletiek
BRITS – Baie sterkte aan Mia de Beer van Hoërskool Brits wat 18-21 April 2024 deelneem aan die Senior SA-atletiekbyeenkoms. Sy verteenwoordig die Noordwes-Noord seniorspan in die 200m en die 400m.
Baie sterkte ook aan mnr. Jacques Oosthuysen wat as ‘n afrigter die Noordwes-Noord seniorspan verteenwoordig. Die byeenkoms vind plaas in Pietermaritzburg.