Motor ongeluk in Brits laat Fortuner omslaan
BRITS – Dit is nie hoe mens jou Vrydag wil begin nie! Die Hartbeespoort Emergency Medical Service het vanoggend gereageer op ‘n ongeluk tussen twee voertuie, ‘n minibus taxi en ‘n Toyota Fortuner. Die kragtige slag tussen die twee voertuie het daartoe gelei dat die Fortuner omgeslaan het.
Die ongeluk het op die hoek van Maclean- en Van Veldenstr, Brits, plaasgevind. Een pasiënt is met matige beserings gevind. Die pasiënt is op die toneel behandel deur H.E.M.S en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling.
Baie dankie aan alle reaksie beamptes vir toneel beheer en skoonmaak. Asook ‘n groot danke vir die H.E.M.S span en Big D Towing and Roadside Services wat spoedig op die ongeluk gerreageer het, julle manne is puik!
Motoriste word gewaarsku om asseblief versigtig op ons paaie te bestuur en ten alle tye julle gedagtes op die pad te moet hou. Wees gehoorsaam om die pad reëls te volg en dink dat die motoriste om jou veilig by hulle families moet uitkom!