Hoërskool Brits: Atletiek
BRITS – Baie geluk aan Mia de Beer van Hoërskool Brits wat gekwalifiseer het om aan die Noordwes-Noord Seniorspan deel te neem aan die SA-atletiekbyeenkoms wat 18-21 April 2024 plaasvind in Pietermaritzburg.
Asook, baie geluk aan mnr. Jacques Oosthuysen wat verkies is as afrigter van die Noordwes-Noord Seniorspan!