Minderjariges (6) beseer in voertuig botsing

CANELANDS – Ses (6) minderjariges is beseer in ‘n botsing waarby ‘n ligte motorvoertuig en ‘n minibustaxi betrokke was op Vincent Dickensonweg in Canelands gister middag (Donderdag).

Lede van Reaksie-eenheid Suid-Afrika het omstreeks 14:56 op die toneel aangekom. Daar is vasgestel dat ‘n oranje Chevrolet Spark en ‘n wit Toyota Quantum-minibus in die ongeluk betrokke was. Ses skoliere is in die taxi vervoer.

Hulle het ligte tot matige beserings opgedoen en is behandel op die toneel voordat hulle per ambulans na die hospitaal vervoer is. Omstandighede wat tot die voorval gelei het, was nie onmiddellik bekend nie.