Vlermuise: Het jy geweet?
Daar is nege verskillende vlermuis-families in Suid-Afrika. Die meerderheid van hierdie vlermuise is insekvretende en die res is vrugte vlermuise wat op nektar of vrugte voed.
Van die 1,250 spesies vlermuise wat wêreldwyd bekend is, is slegs drie vampier vlermuise. In Afrika het ons geen vampier vlermuise nie, maar ons het vals vampier vlermuise wat sagte en harde insekte eet. Vlermuise speel ook ‘n groot rol in ons ekosisteme!
Die meerderheid vlermuise eet nagvlieënde insekte, insluitend baie landbouplae. As die primêre roofdiere van nagvlieënde insekte speel vlermuise ‘n beduidende rol in die beheer van insekbevolkings.
Beramings uit studies toon dat sommige vlermuise elke aand meer as 70% van hul gewig aan insekte eet en sommige dragtige wyfies teen 100% van hul liggaamsgewig eet!
Nog ‘n manier om daarna te kyk is dat ‘n enkele klein vlermuis kan tot 1,000 muskietgrootte insekte in ‘n enkele uur eet. Dit lei tot spekulasie oor hul rol in die beheer van muskiete – wat die verspreiding van malaria kan verminder.
De Hoop-grot is die grootste bekende slaapplek in Suid-Afrika met ‘n geskatte 300 000 vlermuise wat elke jaar daar saamtrek. Weens die groot getalle vlermuise wat insekte in die omgewing eet (na raming 100 ton elke jaar) spaar die boere glo jaarliks duisende rande aan insekdoders.
Tydens die hittegolf wat baie dele van Suid Afrika die afgelope week getref het is klomp vlermuise ook naby huise opgemerk wat aan die mure vasklou. Mense word asseblief gevra om die klein diertjies uit te los omrede hulle skuil plek soek van die hitte. Die areas soos binne huis dakke word te warm vir hulle in die dag. Dus gaan soek talle vlermuise naby huise en buite teen mure skuil asook koelligheid vanaf die warm sommer son!