Verdagtes rig groot skade met diefstal van kragkabels

BRITS – Secure Guarding se reaksie span was ontbied Woensdag oggend omstreeks 02h00 deur ‘n kliënt wat naby sy perseël ‘n geskreë gehoor het. Tango 2 reaksie en SGO Chris, eienaar van Secure Guarding het gereageer na die klagte.

Met die reaksie span se aankoms op die perseël is seker gemaak dat alle mense veilig is. Verdere ondersoek is gevind dat ‘n stuk van ongeveer 10 meter Eskom krag kabel van die paal gesny asook opgegrawe is by transformator.

Die res van kabels is agtergelaat en nie gesteel. Daar is vermoede dat die verdagtes gepla was deur die reaksie spanne terwyl hulle besig was om die kabels te steel.

Na ‘n kort ondersoek het reaksie spanne spoor gevat vanaf die perseël in die rigting van Rankotea nedersettibg maar op n naby geleë plaas die spore verloor in ‘n lusern land. Baie dankie vir die vinninge reaksie wat die span van Secure Gaurding altyd het om ons gemeenskap veilig te hou!