Verdagtes breek by stoor in tydens donderweer
BRITS – Secure Guarding het gereageer op ‘n oproep waar daar by ‘n perseël ingebreek was by in die Rashoop area deur die loop van Maandag oggend se reënbui.
Verdagtes het toegang gekry deur n heining te knip teen die spoor. Daarna het hulle die stoorkamer se slot afgesaag en verskeie items gesteel naamlik n geel 7.5kv generator, grinders en boormasjiene.
Spore is gevolg uit die perseël op die grondpad waar die generator afgestoot is. Dit wil voorkom of die toerusting met n voertuig opgelaai is naby Dalunie kerk se teerpad, aangesien die spore daar stop.