Verdagtes jaag bosse in toe hul aangekeer word
BRITS – Secure Gaurding reaksie lede het naby Wagpos twee verdagtes gesien ry met fietse wat met swaar sakke gelaai was. Die lede het hulle probeer stop om te ondervraag oor die vrag, een verdagte het van sy fiets af gespring en die bosse in gevlug met n panga in sy hand.
Die ander een is met fiets en al deur die bosse in om van die reaksie lede te ontsnap. Die twee reaksie lede is kort agter hulle aan te voet in die bosse in maar na ‘n lang soektog kon hulle nie gekry word nie.
Een fiets en een sak vol vis is op beslag gelé. Baie dankie vir die lede wat hulle oë en ore oop hou in ons gemeenskap!