Eienaar en bestuurder word aangerand deur dronk motoris en gemeenskap
BRITS – Vrydag middag omstreeks 12:45 is Secure Guarding se eienaar en die algemene bestuurder aangerand gedurende ‘n arrestasie van ‘n dronk bestuurder, deur die gemeenskap en sy passasiers van die voertuig op die Wagpos pad by die BP Garage.
Tydens die arrestasie het die dronk bestuurder los gebreuk met die hulp van die gemeenskap en sy passasiers. Die verdagte het met boeie nog van aan sy regter arm in die bakkie gespring en weggejaag.
“Baie dankie aan Big D Towing wat ons te hulp gesnel het al die pad van Brits af en dankie ook aan ons reaksie beampte Eric wat van diens was by sy huis tydens die voorval en ons roep na hulp gehoor het en dadelik bystand kom gee het.
Ons as sekurteits maatskapy sal aanhou baklei teen dronk motoriste op ons paaie. Ons verloor te veel lewens op die paaie in ons gemeenskap. ‘n Paar skrape en vuis houe maak ons nie bang nie.” – Chris, Secure Gaurding
Saak dosier van aanranding is geopen: Brits Saps Cas 438/1/2024.