Ongeluk tussen twee voertuie naby vliegveld

BRITS – Twee voertuie was betrokke in ‘n kop-aan-kop botsing gister aand omstreeks 19:17 naby die Rashoop vliegveld. Een van die voertuie het van die botsing semi-gerol.

Secure Guarding se beamptes het spoedig op ongeluk gereageer. Beamptes het die toneel gereguleer en verkeer behartig. Die pasiente is deur Die HEMS span na ‘n Hospitaal in Brits geneem vir verdere ondersoek. Baie dankie vir almal se vinnige reaksie op die toneel!