Man in bakkie gevind na rooftog
BRITS – Secure Guarding se patrolie voertuig het vroeg Vrydag oggend op n wit verdagte Isuzu af gekom wat half in die bosse staan tussen Wagpos en Oukasie in die Mamogaleskraal area.
Die reaksie manne het dadelik uit geklim en die voertuig genader om vas te stel wat aan gaan. Binne in die voertuig was persoon gevind wat vas gebind was met ‘cable ties’ en ‘n kop wond. Gelukkig was die persoon by toe die reaksie span hom vind. Die reaksie span het hom dadelik bevry en SAPS was gekontak om ondersoek inte stel.
Dit het aan die lig gekom dat hy oorval was deur vier (4) verdagtes wat hom beroof het, vas gebind het en weer in die bakkie terug gegooi het. SAPS het opgedaag en die toneel is aan hulle oorhandig.
Daar word ‘n groot versoek gevra vir ons omgewing se mense om asseblief nie laat nag langs die pad te stop nie. As iets verkeer gaan met die voertuig, probeer tot die naaste vulstasie te ry of enige ander veilige plek waar hulp ontbied kan word.