Theuns Jordaan se pa, Willie (82) sterf

BLOEMFONTEIN – Theuns Jordaan se pa, Willie Jordaan het kort na ‘n huldeblykkonsert vir Theuns in Kaapstad gesterf. Willie Jordaan (82) of ‘oom Willie’ soos hy bekendgestaan het vir aanhangers, pa van wyle Theuns Jordaan, geliefde Suid-Afrikaanse sanger, het gistermiddag (8 Januarie) in Bloemfontein gesterf. Hy was nie gesond nie. Jordaan se sterfte volg na ‘n gedenkkonsert vir sy seun Saterdag deur verskeie bekende kunstenaars in Kaapstad gehou is.

Die geliefde sanger is op 17 November 2021 aan leukemie (bloedkanker) oorlede. Twee dae na sy begrafnis is sy ma Maryna oorlede, en nou sy pa. Hulle word deur Linda Jordaan, Jordaan sr. se dogter en Theuns se suster, oorleef.