Kind sterf to bakkie omrol van duin af
NAMIBIË – Pashula Hangula (13) is oorlede nadat ‘n bakkie waarin sy was, van ‘n duin gerol en sy uit die voertuig gegooi is. ‘n Video-opname van die voorval is deur John le Riche op Facebook gedeel.
Volgens die Namibiese radiostasie, Kosmos 94.1, is die voertuig deur ‘n 21-jarige bestuur. Die Erongo-polisie het bevestig die ongeluk het naby Duin 7 gebeur.
Volgens beriggewing het die bakkie onderweg na die bokant van die duin vasgesit. Met pogings om die bakkie te bevry, het dit gegly en teen die duin af gerol. Kosmos 94,1 sê daar was nog vyf insittendes in die bakkie waarvan drie beserings opgedoen het.